“Die rol van ’n staat, of só sê hulle, is om ’n gunstige omgewing vir besigheid te skep. Wet en orde, stabiele geldeenheid, infrastruktuur, howe, ensovoorts. Maar wat as state hierin misluk, of dit selfs teenwerk? Is daar ’n manier om self iets aan die saak te doen? Is daar ’n manier om sake staatsbestand te maak?” vra Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake.’

AfriSake bied op 5 Junie ’n konferensie aan getiteld “Vooruitsigte vir staatsbestande sake– hoe ondernemings kan slaag wanneer die staat misluk.”

Sprekers sluit in:

  • Dr Frans Cronje (uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings – SAIRV)
  • Dawie Roodt (hoofekonoom van die Efficient-groep),
  • Prof Philipp Bagus (Professor in ekonomie aan die Rey Juan Carlos Universiteit in Spanje; ontvanger van die 2016 Ludwig Erhard-Preis – die voorste, jaarlikse Duitse ekonomie-toekenning)
  • Russell Lamberti (Hoof van ETM Macro Advisors)
  • Prof Willie Cronje (bekleër van die Alstom-stoel vir Skoon-energiestelsels-tegnologie in die Skool vir Elektriese en Inligtingsingenieurswese aan die Universiteit van die Witwatersrand),
  • Piet le Roux (uitvoerende hoof van AfriSake), en vele meer.

Datum: 5 Junie 2018

Tyd: 8:00 – 14:00

Koste vir AfriSake-lede: R250

Koste vir nie-lede: R850

Plek: Atterbury-teater, Pretoria

Bespreek hier jou sitplek: https://www.afrisake.co.za/vooruitsigte-vir-staatsbeveiliging-van-besighede-hoe-ondernemings-kan-slaag-wanneer-die-staat-misluk/

Navrae: 012 880 1951 of diens@afrisake.co.za

Die konferensie is oop vir AfriSake-lede en die publiek. Slegs 400 sitplekke is beskikbaar en bespreking is noodsaaklik.

 

Die program is uitgebreid: Van historiese voorbeelde tot die jongste tegnologie. Van privaat geskilbeslegting tot alternatiewe energie.