Artikels

Ma en seun laat trane rol in 'Voor ek vergeet'

08 April 2012

Op die Woordfees op Stellenbosch het die trane geloop oor ma en seun in Voor ek vergeet... Nie sommer sentimentele trane nie, maar warm trane oor 'n klein stukkie van twee mense se lewe wat jou aan die hart gryp.
Op die KKNK het die trane weer gevloei en wanneer dié toneelstuk oor Hendrien Botha (Amanda Strydom) en haar seun Johan Sebastian (Hannes van Wyk) in Julie op die Vryfees in Bloemfontein speel, sal dieselfde waarskynlik gebeur.

Mariana Malan van Die Burger het met Van Wyk gesels oor sy rol in Voor ek vergeet...

"Ek het nog altyd karakters ver van my af gespeel. Hierdie is naby aan my hart, ná aan myself; ek en my eie ma is baie naby aan mekaar," sê Van Wyk.
"Die toneelstuk gaan oor 'n ma en seun se liefde en agting vir mekaar. Dis glad nie my storie nie, maar daar is raakpunte.
"Daar is net een soort liefde wat nog meer onvoorwaardelik as dié van 'n troeteldier is. Dís die liefde van 'n ma vir haar kind. Hierdie soort liefde het ek by my ma leer ken."

Die stuk begin met Johan wat sy ma help inpak om na 'n kamer in 'n aftreeoord te trek. Hulle probeer mekaar se gevoelens spaar, maar dis moeilik met haar wat wankel op die rand van demensie en die feit dat sy kanker terug is.

Van Wyk sê hy en Strydom het van die begin af goed saamgewerk. "Ons voel dieselfde oor eerlikheid en het respek vir mekaar. Ons het ook dieselfde humorsin. Nie een van ons sal 'n projek aanpak as ons nie daarin glo nie. Op die verhoog is ons daar om mekaar te ondersteun."

Hy het ook groot respek vroue en verwys na die rolprent Steel Magnolias, wat een van sy gunsteling-prente is. "Dit sê baie van die innerlike krag van vroue. Dan is daar ook vroue se werketiek wat net anders is as dié van mans. As ek mooi daaroor dink, is mans eintlik maar vervelig," voeg hy met 'n laggie by.

Voordat Van Wyk op tele­visie bekend geword het as veral Krynauw du Buisson in ­Egoli en Len Struwig in 7de Laan, was hy op die verhoog bedrywig. "Dit was 15 jaar laas, maar in die tyd het ek voortdurend na die verhoog verlang. Televisiewerk is ook baie lekker; die pendel tussen Kaapstad en Johannesburg het my egter begin vang. Ek is al 22 jaar lank 'n akteur, maar ek doen my eie ding. Ek werk, gaan huis toe en hou my uit die politiek van die bedryf."

Hy word dikwels gevra om as seremoniemeester op te tree, soos op die onlangse geleentheid waar die Fleur du Cap-pryse vir prestasie op Kaapse verhoë uitgedeel is. Hy is ook nou een van die vier aanbieders van die nuwe joernaalprogram Bravo! wat op 22 Maart om 19:30 op kykNET begin het.
Oorsprong : Die Volksblad


<< Terug

Previous Next

Die Boer en die Skot

26 Junie 2013

Price: R140.00

lees meer >>

Besprekings

Droombos se nuwe Prinsessie

26 Junie 2013

Price: R80.00

lees meer >>

Besprekings

Karlien van Jaarsveld

27 Junie 2013

Price: R120.00

lees meer >>

Besprekings

Wielie Walie

28 Junie 2013

Price: R80.00

lees meer >>

Besprekings

Droombos se nuwe Prinsessie

29 Junie 2013

Price: R80.00

lees meer >>

Besprekings

Dowwe Dolla Dink Diep

04 Julie 2013

Price: R140.00

lees meer >>

Besprekings

Kathleen Tagg - Aangebied deur Roland South Africa

05 Julie 2013

Price: R80.00

lees meer >>

Besprekings

Kevin Leo & Charlize Berg - Sentimental Journey

07 Julie 2013

Price: R140.00

lees meer >>

Besprekings

Die Geel Koevertjie - aangebeid deur Money 4 Kids

10 Julie 2013 - 13 Julie 2013

Price: R80.00

lees meer >>

Besprekings

Visage - Revealing the secrets of the mind - deur Michael Abrahamson

15 Julie 2013

Price: R180.00

lees meer >>

Besprekings