Arno Carstens

Kom ervaar Suid Afrika se platinum verkoper, wenner van vele toekennings, sanger en liedjieskrywer Arno Carstens op 14 April.

Arno se vertoning sluit in treffers van sy loopbaan as leier van die Springbok Nude Girls, baie van die mees geliefde liedjies uit sy loopbaan as Engelse solo kunstenaar, asook liedjies van sy splinternuwe Afrikaanse album “Die Aandblom 13”

By die Bok Radio Toekennings het n liedjie van sy album “Ontwaak” die Liedjie van die Jaar gewen en die album het Beste Alternatiewe Album 2017 by die Ghoemas. ”Die Aandblom 13” was genomineer vir Beste Alternatiewe Album by die South African Music Awards, en het ook gewen vir Best Engineered Album.

Arno het al 12 albums vrygestel; 5 as hoofsanger as leier van die Springbok Nude Girls, 1 as deel van die Electronic project Bhelltower en 6 as solo kunstenaar. Hy het ook gewen 20 top tien “singles”, en 5 SAMA toekennings.

Gedurende sy loopbaan het hy al opgetree saam met U2, The Rolling Stones en REM, by elke groot Suid Afrikaanse musiekfees en ook by internasionale musiekfeeste soos Ilse of Wight, Glastonbury, V Festival en Hard Rock Calling.

Moenie hierdie dinamiese vertoning misloop nie.

Datum: 14 April 2018 om 20:00

Kaartjies: R180/200

Besprekings: Computicket of 012 942 5951