Atterbury Teater kry ‘n nuwe baadjie begin 2019!

Die Atterbury teater word Desember en Januarie bederf met ‘n mooi-maak-sessie en saam met dit gaan ons ook oorskuif na ‘n nuwe kaartjie platform – iTickets.

Ons is baie opgewonde oor hierdie skuif en sien uit om saam met iTickets die pad vorentoe te stap.

Wat beteken die skuif en wat behels dit:

Alle vertonings tot Desember 2018 se kaartjies gaan steeds op Computicket te koop wees. Alle vertonings vanaf 2019 se kaartjies gaan op iTickets te koop wees. Dit beteken ons gaan vanaf Oktober tot Desember 2018 twee kaartjie platforms bied om beide 2018 en 2019 kaartjies te verkoop.

Teater kaartjiekantoor:

Ons bestaande Atterbury Teater Computicket kaartjiekantoor gaan steeds voortaan bestaan, maar dit gaan vanaf 2019 bekend staan as die “Atterbury Theatre Box Office”.

Alle Atterbury Teater kaartjies gaan daar te koop wees en vanaf 2019 gaan ons slegs Atterbury Teater vertoning kaartjies verkoop.

Die kaartjie kantoor gaan steeds oop wees voor ‘n vertoning vir kaartjies afhaal en aankope.

Kaartjie aankope:

Hoe om te weet watter vertoning word op watter platform verkoop:

Ons webtuiste, sosiale media ens gaan baie duidelik aandui waar die kaartjie te koop is en ‘n skakel om jou na die betrokke kaartjie platform te neem sal duidelik aangedui word langs die vertoning.

Hoe gaan ek kan betaal: Betalings gaan steeds aanlyn gemaak kan word deur middel van kredietkaarte en dan nou ook EFT. Ons kaartjie kantoor gaan steeds geskakel kan word om besprekings namens jou te maak en te assisteer met enige navrae.

Navrae: Kontak ons gerus by Tel: 012 942 5951 vir enige navrae of hulp.