Die tyd is nou vir die kleurvolle spektrum om hande te vat ten behoewe van heling en ‘n toekoms van positiwiteit en vooruitgang. Watter beter medium dan deur musiek wat sedert die begin van tye die wyse van uiting is tydens groot lewenservarings – van hartseer tot feesviering.

Twee van Suid-Afrika se top musiekgroepe wie beide vele toekennings ingepalm het insluitende SAMA’s nl CH2 & SSQ (Soweto String Quartet) het besluit om saam te span en ‘n vertoning te skep oor ‘n kleurvolle spektrum heen met ‘n CD wat daarby aansluit om sodoende ‘n bydrae te lewer vir ‘n toekoms met meer vreugde! Met David Klassen op dromme.

2 van SA se top instrumentele groepe,  wie verskeie toekennings ingepalm het o.a. SAMA’s, naamlik CH2 & SSQ (Soweto String Quartet) span saam met hul uitvoering/vertoning COLOUR oor die kleurgrense heen & versoenend in die positiewe lig van die Mandela 100e-jaar-herdenking op 5nm op Sondag 12 Augustus in die Atterbury-teater Pretoria. Kaartjies by Computicket.

Kunstenaars: CH2 & the Soweto String Quartet, David Klassen

Datum: 12 Augustus om 17:00

Kaartjies: R160/180

Bookings: Computicket of 012 942 5951