Skip to content
FACEBOOK 3vd

Drie van die Bestes

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Buy Tickets - 260 ZAR

Danie Niehaus, Mathys Roets, Germandt Geldenhuys. Die samekoms van drie kunstenaars, drie uiteenlopende stemme, drie persoonlikhede – in een produksie op een verhoog: Drie van die Bestes!

Ondanks elkeen se uiteenlopende musiekstyl in hierdie vertoning – van pop, tot ballades en ligte klassieke musiek – is dit veral hul a capella- en samesang wat hul ’n gedugte kombinasie maak op die verhoog.

As solokunstenaars is elkeen in ‘n klas van sy eie en elkeen ’n ster in eie reg – Germandt met sy kragtige tenoorstem, Mathys met die rustige, fluweelstem in die laer registers en Danie as bekroonde en veelsydige kunstenaar en liedjieskrywer.

Saam sorg die 3 kunstenaars vir ‘n ongelooflike musikale reis!