Loading Vertonings
Soek Vertonings

Gebeurtenis Aansig Navigasie

Nuwe Vertonings › Kalender

Vertoningslysnavigasie

Desember 2017

3in1 met Casper, Schalk en Hannes

12 Desember @ 20:00 - 21:30
Atterbury Theatre, 4 Daventry Street, Lynnwood
Pretoria, Gauteng South Africa
+ Google Kaart
R150 - R170

Drie Afrikaanse komediante uit drie generasies… saam op een verhoog! Die eerste 3-in-1 vertoning was by die Atterburyteater in Mei 2016. Daarna het Casper, Schalk en Hannes ’n nuwe vertoning geskep wat gehore vanjaar laat skaterlag het by die KKNK, Vrystaat Kunstefees, Silverstar Casino en Aardklop. Casper de Vries is reeds drie dekades bedrywig in Afrikaanse komedie op die verhoog en TV. Schalk Bezuidenhout is een van Suid-Afrika se topkomediante en blink ook uit as akteur en TV-aanbieder. Hannes Brümmer…

Vind meer uit »

Kersfees met Corlea & Jannie – UITVERKOOP

13 Desember @ 20:00 - 22:00
Atterbury Theatre, 4 Daventry Street, Lynnwood
Pretoria, Gauteng South Africa
+ Google Kaart
R190 - R230

Die hoogtepunt van die teaterjaar het aangebreek! Kersfees met Corlea & Jannie beloof om oud en jonk in die perfekte stemming, vir ‘n onvergeetlike Kersfees te bring! Met ‘n breë verskeidenheid populêre- asook gewyde kersmusiek, en pêrels skitterende poësie tussen die musiek ingeweef, sal Corlea en Jannie gehore betower en die vreugde van Kersfees, opnuut laat ervaar! Hierdie galaproduksie bring Suid-Afrika se twee mees enigmatiese sangstemme byeen, vir die musikale hoogtepunt van die jaar, binne die skitterende Atterbury Teater, met…

Vind meer uit »

Kersfees met Corlea & Jannie – UITVERKOOP

14 Desember @ 20:00 - 22:00
Atterbury Theatre, 4 Daventry Street, Lynnwood
Pretoria, Gauteng South Africa
+ Google Kaart
R190 - R230

Die hoogtepunt van die teaterjaar het aangebreek! Kersfees met Corlea & Jannie beloof om oud en jonk in die perfekte stemming, vir ‘n onvergeetlike Kersfees te bring! Met ‘n breë verskeidenheid populêre- asook gewyde kersmusiek, en pêrels skitterende poësie tussen die musiek ingeweef, sal Corlea en Jannie gehore betower en die vreugde van Kersfees, opnuut laat ervaar! Hierdie galaproduksie bring Suid-Afrika se twee mees enigmatiese sangstemme byeen, vir die musikale hoogtepunt van die jaar, binne die skitterende Atterbury Teater, met…

Vind meer uit »

Christmas with Brown Suga and Friends

15 Desember @ 19:30 - 22:00
Atterbury Theatre, 4 Daventry Street, Lynnwood
Pretoria, Gauteng South Africa
+ Google Kaart
R75 - R150

Brown Suga Productions is weer terug met hulle jaarlikse Kersfeesvertoning met n versameling  nostalgiese Kersfees liedjies. Hulle gaan sorg vir n onvergeetlike aand met klassieke Kersfeesliedjies in die manjifieke Atterbury Teater. Van Pretoria en Johannesburg se opkommende sterre  gaan glans verleen aan die spesiale aand met akapella, instrumente, jonk en nie so jonk, manlike en vroulike kunstenaars. Kom geniet die heerlike aand saam met Brown Suga en vriende.  

Vind meer uit »
Januarie 2018

Radio Raps – Dingetjies en Goetertjies

18 Januarie 2018 @ 20:00 - 21:30
Atterbury Theatre, 4 Daventry Street, Lynnwood
Pretoria, Gauteng South Africa
+ Google Kaart
R180

Dingetjies en Goetertjies is die derde produksie en eenmanstuk aangebied deur Jonathan van die Oos Rand, wat handel oor die alledaagse dingetjies en goetertjies van die lewe. Hy probeer veral sin maak van dingetjies en goetertjies wat ons maklik kan irriteer van mekaar. Bekende sê-goed soos “Lekker boys”, "Da vat hy", "Okeey" en "Olraait" van Jonathan van die Oos Rand, is algemeen onder Suid-Afrikaners. Radio Raps se oorspronklike materiaal van Jonathan op Youtube steek by die 3 miljoen kyke verby.…

Vind meer uit »

Bonjour Monsieur Brel

23 Januarie 2018 @ 20:00 - 21:30
Atterbury Theatre, 4 Daventry Street, Lynnwood
Pretoria, Gauteng South Africa
+ Google Kaart
R140 - R160

Jannie du Toit sing Jacques Brel se tydlose, beeldryke tekste in Afrikaans, Frans, Engels en Nederlands met begeleiding deur klavier, tjello en akkordeon.  Brel se geniale beeldende skryfwerk kom hier na vore – ’n getuigskrif vir die ongeëwenaarde seggingskrag van die grootste chansonnier van die 20ste eeu.  Bekende treffers asook meer onbekende, ewe briljante werk is ingesluit terwyl daar ook met bindingsteks verbande gelê tussen liedere en gedigte gelê word. Jannie is dekades reeds ’n hoog aangeskrewe Brel-vertolker en ’n…

Vind meer uit »

Guitar Legends by Nathan Smith

27 Januarie 2018 @ 20:00 - 22:30
Atterbury Theatre, 4 Daventry Street, Lynnwood
Pretoria, Gauteng South Africa
+ Google Kaart
R160 - R200

Nathan Smith speel net die beste van Eric Clapton; Jimi Hendrix; John Mayer en Gary Moore. Kom en geniet die aand met ons, waar ons saam lekker sing.

Vind meer uit »

Mike en Mavis

28 Januarie 2018 @ 17:00 - 18:00
Atterbury Theatre, 4 Daventry Street, Lynnwood
Pretoria, Gauteng South Africa
+ Google Kaart
R140

Mavis Kellerman, ‘n weduwee wat haarself afgesluit het vir die wêreld, behalwe vir haar kommunikasie per e-pos met haar dogter, en haar weeklikse kerkdiens, ontvang eendag ‘n uitnodiging in die pos vir die opening van ‘n nuwe bioskoop wat spesialiseer in klassieke rolprente. Die eienaar, Mike Lewis,  is ‘n eksentrieke jongkêrel met ‘n ewige romantiese siel. Mavis besef gou dat Mike daarop uit is om haar hart te oorwin en bevind haarself aan die ontvangkant van ‘n vryery in haar…

Vind meer uit »

André Swiegers – Déjà Vu

30 Januarie 2018 @ 20:00 - 22:00
Atterbury Theatre, 4 Daventry Street, Lynnwood
Pretoria, Gauteng South Africa
+ Google Kaart
R140

André vertolk werke van sanger-liedjieskrywers wat hom inspireer het om self musiek te maak. Hy herleef die musiekreis van sy kinderjare tot nou. Kom luister na sy weergawes van Bob Dylan, Kris Kristofferson, Cat Stevens, Paul Simon en Peter Sarstedt en ander - ook na sy eie skeppinge - bekendes en splinternuwes.

Vind meer uit »
Februarie 2018

PRIME CIRCLE “If you Don’t You Never Will”

3 Februarie 2018 @ 20:00 - 22:00
Atterbury Theatre, 4 Daventry Street, Lynnwood
Pretoria, Gauteng South Africa
+ Google Kaart
R200 - R230

Prime Circle is oppad om in Duitsland, ‘n reeds uitverkoopte reeks konserte te gaan aanbied met hulle nuwe Cd “If You Don’t You Never Will” na hulle 3 jaar daaraan gewerk het. Na hulle optredes in o.a. Hanover, Nuremburg, Munich, Konsranz, Essen, Hamburg, Berlyn, Frankfurt en Karlsruhe keer hulle terug na Suid Afrika vir nog vele konserte. Die liedjieskrywer/hoofsanger Ross Learmonth sê: “What’s great about this album is that the songs flow nicely - I just sing, open up and let…

Vind meer uit »

Spoegwolf

4 Februarie 2018 @ 18:00 - 20:00
Atterbury Theatre, 4 Daventry Street, Lynnwood
Pretoria, Gauteng South Africa
+ Google Kaart
R180 - R200

Spoegwolf sleep die laaste ses jaar soos 'n kersfeesboom uit die woud. Hulle slaan dit op in die Atterbury Teater - hul stukkende bos liggies en skadu - as monument vir Suid-Afrikaanse kuns. 'n Kuier van Musiek, Moed en Dinge wat Flikker vir 2018.

Vind meer uit »

Los Asseblief ‘n Boodskap

6 Februarie 2018 @ 20:00 - 21:00
Atterbury Theatre, 4 Daventry Street, Lynnwood
Pretoria, Gauteng South Africa
+ Google Kaart
R140 - R160

Los Asseblief ‘n Boodskap, ‘n een-vrou stuk met Simoné Nortmann (Vir die voëls, Hotel) in die hoofrol, het hierdie jaar tot groot sukses gedebuteer by Aardklop Nasionale Kunstefees. Nortmann is Nina van Zyl, ‘n platsak popster. Dit gaan nie baie goed met Nina nie. Haar loopbaan het altwee voete in die graf, sy’t al vir ses jaar writer’s block, en nou het haar ex die vermetelheid om kanker te kry. Classic Dirk. Sy vat die langpad van Johannesburg na Kaapstad,…

Vind meer uit »

Los Asseblief ‘n Boodskap

7 Februarie 2018 @ 20:00 - 21:00

Spanish Fire

10 Februarie 2018 @ 18:30 - 20:30
Atterbury Theatre, 4 Daventry Street, Lynnwood
Pretoria, Gauteng South Africa
+ Google Kaart
R160 - R190

Die CH2 Kitaar Duo en die Montoya Spaanse Dansteater, is verheug om, na n uitverkoopte vertoning, terug te keer na vele versoeke van die publiek. Kitaarmeesters Corneille en Dirkie , Maria Lorca Montoya en die dansers van die Junior en Senior Dansgeselskap bied weer n Spanish Fire vertoning aan met nuwe verrassings  soos die pragtige stem van Helen de Jongh . Hulle gaan die verhoog aan die brand dans met vernuftige voetwerk , Flamenco waaiers en kastanjette saam met die briljante kitaar werk…

Vind meer uit »

DUET – Jannie Moolman en Kevin Leo

11 Februarie 2018 @ 17:00 - 18:30
Atterbury Theatre, 4 Daventry Street, Lynnwood
Pretoria, Gauteng South Africa
R170 - R190

Jannie Moolman en Kevin Leo gaan op 'n sentimentele reis oor dekades en deel met die gehoor al die groot gunstelinge wat die hart raak.

Vind meer uit »

NATANiëL: THE LOVE COLLECTION

15 Februarie 2018 @ 20:00 - 21:30
Atterbury Theatre, 4 Daventry Street, Lynnwood
Pretoria, Gauteng South Africa
+ Google Kaart
R220 - R240

Nataniël was nog nooit bekend vir die sing van liefdesliedjies nie. Hy sing oor die lewe, die dood, vreugde, oorlog, vrede, individualiteit, fanilies, spoke, gewigsverlies, persoonlike oortuigings, geloof, twyfel en waagmoed, maar selde oor verliefdes. Vir slegs twee aande bied hy THE LOVE COLLECTION aan, ’n program van sy persoonlike keises van die mooiste, mees ongewone, mees tydlose, verrassende en oorspronklike liefdesliedere. Heel deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier), en Werner Spies (bas).  ’n Kaalkopwinkel is beskikbaar in…

Vind meer uit »

NATANiëL: THE LOVE COLLECTION

16 Februarie 2018 @ 20:00 - 21:30
Atterbury Theatre, 4 Daventry Street, Lynnwood
Pretoria, Gauteng South Africa
+ Google Kaart
R220 - R240

Nataniël was nog nooit bekend vir die sing van liefdesliedjies nie. Hy sing oor die lewe, die dood, vreugde, oorlog, vrede, individualiteit, fanilies, spoke, gewigsverlies, persoonlike oortuigings, geloof, twyfel en waagmoed, maar selde oor verliefdes. Vir slegs twee aande bied hy THE LOVE COLLECTION aan, ’n program van sy persoonlike keises van die mooiste, mees ongewone, mees tydlose, verrassende en oorspronklike liefdesliedere. Heel deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier), en Werner Spies (bas).  ’n Kaalkopwinkel is beskikbaar in die…

Vind meer uit »

Steve Hofmeyr – SKREE

20 Februarie 2018 @ 20:00 - 21:30
Atterbury Theatre, 4 Daventry Street, Lynnwood
Pretoria, Gauteng South Africa
+ Google Kaart
R180 - R200

Steve Hofmeyr het rede om te glimlag. Hy het sy 30ste CD opgeneem, sy 11de boek uitgegee en op 53 jaar weer pa geword! Baie om te vier... Sy dubbel platinum Country was een van Suid-Afrika se beste verkopers vir 2016 en nou kan sy leër van ondersteuners uiteindelik uitsien na SKREE, sy nuutste oorspronklike album vir sy SKREE-toer in 2018. "Ek word pal geïnspireer deur mense, idees en seëninge. Ek was vir die eerste keer in jare weer lus…

Vind meer uit »

Steve Hofmeyr – SKREE

21 Februarie 2018 @ 20:00 - 21:30

Maart 2018

Leon Gropp Album Bekendstelling

8 Maart 2018 @ 20:00 - 21:30
Atterbury Theatre, 4 Daventry Street, Lynnwood
Pretoria, Gauteng South Africa
+ Google Kaart
R170 - R270

Op 8 Maart 2018 stel Leon Gropp (voorheen van die kitaarduo CH2) sy nuwe album “Rooidag – NP van Wyk Louw getoonset en gesing” bekend by die Atterbury Teater. Soos die titel voorstel, word van Louw se gedigte musikaal vertolk deur Gropp. Buiten die ritme en gravitas van sy kuns is dit Louw se intellektuele nalatenskap wat relevant bly, en in “Rooidag” word gedeeltes uit sy prosa interverweef met melodieuse gedigtoonsettings. Gropp word op die verhoog vergesel deur ‘n 3…

Vind meer uit »

Dowwe Wicus & Dolla van der Merwe

16 Maart 2018 @ 20:00 - 21:00
Atterbury Theatre, 4 Daventry Street, Lynnwood
Pretoria, Gauteng South Africa
+ Google Kaart
R140 - R160

Weg met die dwepers, die boepens-knolle, die moaners en die groaners. Weg met die poeierholle, die hoitie-toitie-skeelooganties, die Martie Martelgatte en die Jannie Jammerballe. Weg met die oorgenuansieerde suutjiespoep-polities-korrektes met hul brabbeltaal-diepsinnighede. Is jy moeg vir jou man se lang gesig wat lyk soos `n bok wat afdraand kyk? Lyk jou vrou al meer soos haar paspoortfoto? Dan is dit tyd om `n kaartjie vir hulle te koop na hierdie showtjie. WEES GEWAARSKU: Jy moet lag dat die trane rol,…

Vind meer uit »

Justice Sunduza – “You Are My Everything”

31 Maart 2018 @ 18:00 - 23:00
Atterbury Theatre, 4 Daventry Street, Lynnwood
Pretoria, Gauteng South Africa
+ Google Kaart
R150 - R350

Justice Sunduza gaan na jare in die musiekindustrie sy eerste lewendige DVD opname by die Atterbury Teater aanbied. Hierdie DVD gaan by sy reis met die Here beskryf en hy noem dit “You are my Everything”.  

Vind meer uit »
April 2018

Bottomless Coffee Band – Album Launch

19 April 2018 @ 20:00 - 22:00
Atterbury Theatre, 4 Daventry Street, Lynnwood
Pretoria, Gauteng South Africa
+ Google Kaart
R150 - R180

Bottomless Coffee Band stel hulle nuwe album bekend! Met 'n verskeidenheid instrumente, storievertellings en energieke, inspirerende optrede herinner die duo aan die legendes van ouds en het hulle vinnig gehoor gunstelinge geword. Sedert die bekendstelling van hulle eerste album het Lourens en Esté Rabé breedvoerig getoer deur Suid-Afrika, Namibië, Europa en die VK.  Hierdie toer-ervaringe was ook die inspirasie vir die musiek op die nuutste bekendstelling. Vergesel die Kaap-gebaseerde paartjie op 'n reis deur hulle nuwe musiek!  

Vind meer uit »
+ Export Events