Goeie dag, Atterbury Teater Nuusbrief-vriende!
Hierdie week vind 'n belangrike gebeurte...
Die Atterbury Teater streef daarna om 'n voortreflike klassieke konsertsaal te wees, maar dit is terselfteryd optimaal toegerus wat ruimtelike akoestiese vereistes betref. Dit verseker die uitstekende funksionering van klankstelsels, wat vereis word vir hedendaagse vertonings en konferensies. Die teater is uitstekend geleë op die hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat in die ooste van Pretoria, as deel van die 73 000m² toonaangewende Lynnwood Bridge gemengde-gebruik ontwikkeling. Die Atterbury Teater word deur Atterbury ontwikkel as deel van die opwindende kleinhandelgedeelte wat onder andere kontemporêre restaurante, 'n Woolworths Food, spesialiswinkels en 'n City Lodge hotel insluit. Met die groei van kunstefeeste in Suid-Afrika oor die afgelope aantal jare, het die behoefte vir kleiner teaters ontstaan. Sodoende kan daar voortgebou word op die nuwe produksies en belowende jong kunstenaars. Hierdie wêreldgehalte, 400-sitplek, "West End"-tipe teater beloof om 'n gesogte bymekaarkomplek vir kulturele byeenkomste in die ooste van Pretoria te word.
22 Mei 2012 - 31 Mei 2012 |
Price: R120.00 |
29 Mei 2012 |
Price: R80.00 |
11 Junie 2012 - 12 Junie 2012 |
Price: R120.00 |