“Die digkuns en musiek was nog altyd susterskunste wat hand aan hand geloop het. Apart kan hulle bloei, maar saam is dit soos die karaktereienskappe van skoonheid en humor, in een liggaam vasgevang” – Henry Purcell.

Dig by my illustreer juis die feit dat oor eeue heen, daar nog altyd digters was en ook nog altyd skrywers was, maar dat hulle partykeer saamspan om iets werklik unieks daar te stel. Byvoorbeeld, Schumann en Heine met die skryf van Dicterliebe, asook Di Capua en Capura in die onvergeetlike O Sole Mio.

In ons Suid-Afrikaanse geskiedenis is daar ook vele voorbeelde van getoonsette digwerk van A.G. Visser tot Boerneef en selfs N.P. van Wyk Louw is almal getoonset! Hierdie konsert neem ons deur ‘n onvergeetlike reis van die mooiste getoonsette gedigte in Afrikaans- vanaf die FAK, tot hedendaagse liedjieskrywers soos Coenie de Villiers en Chris Chameleon.

Datum: 1 Julie 2018 om 18:00

Kaartjies: R180/200

Besprekings: Computicket of 012 942 5951