Die Atterbury Teater is optimaal toegerus wat uitstekende funksionering van klankstelsels betref – ‘n vereiste vir hedendaagse vertonings en konferensies.

Die teater is ideaal geleë in Lynnwood Manor, reg langs die N1-hoofweg, in die ooste van Pretoria. Dit vorm deel van die toonaangewende Lynnwood Bridge Retail Centre, wat ‘n ondervinding bied soos geen ander nie. Die Atterbury Teater is deur Atterbury Property Group ontwikkel as deel van die eksklusiewe kleinhandelgedeelte met ‘n mengsel van kontemporêre restaurante, spesialiswinkels en die City Lodge Lynnwood-hotel – wat bydra tot die uitstekende ligging vir konferensie-afgevaardigdes van ander stede.

Wat die 400-sitplek ouditoriumstyl-teater van enige ander soortgelyke grootte konferensielokaal onderskei, is die tegniese toerusting wat in die teater geïnstalleer is. Standaard toerusting sluit in: ‘n lynopstelling-luidprekerstelsel, programmeerbare beligtingsbeheer, ‘n dataprojektor en skerm, digitale klankbeheer en -verwerking, CD/DVD/BLU-RAY/HDD-stelsels, ‘n SDI-kabelnetwerk vir HD-kameras, en fasiliteite vir ‘n buitenste uitsendingseenheid (OB-van) om by die teater se netwerk in te skakel. Tegniese ondersteuning op die perseel is by die verskillende konferensiepakkette ingesluit. Die teater beskik ook oor ‘n nood-kragopwekker wat aan die hele teater se elektrisiteitsbehoeftes kan voorsien, insluitend beligting en lugversorging.

Die teaterkompleks sluit ‘n produksie- en klankateljee in, wat gebruik kan word vir die opname van vertonings, konferensies, CD’s, DVD’s en stemoorklankings. Met toegang tot ‘n groot databasis van Suid-Afrika se top kunstenaars en musikante, kan die ateljeespan hulp verleen met spesiaal-vervaardigde industriële musikale teaterproduksies om daardie X-faktor aan die konferensie-ervaring te verleen.

Die Atterbury Teater word deur ‘n ervare professionele span bestuur, met kundigheid in al die vereiste konferensie- en oudiovisuele dissiplines.

Die volgende restaurante vorm deel van die Lynnwood Bridge Retail Centre en bied aan konferensiegangers ‘n verskeidenheid opsies: Stephnie’s, TriBeCa, Koi, The Famous Fishoek Co., Vovo Telo, Col’Cacchio Pizzeria, Café Beyritz en Rhapsody’s.

Stuur vir ons ’n e-pos

Laai dokumente af

pdf-icon

Konferensie spyskaart

pdf-icon

Konferensie pryslys