Krummel en Karnallie is Maya se twee hamsters wat op ‘n dag uit hulle hokkie uit glip. Bzz, die brommer kom haal vir Blerts, die papegaai, om die boelie problem in die Paradys park op te los. Picatso (‘n kat) is ‘n mediasensasie wat met haar stert skilder. Ongelukkig verdwyn een van haar unieke skilderye! Ducatti, haar man, soek naarstiglik daarna maar wie sou dit gesteel het? Dalk die skermunkels of is dit die snertwurms? En wat maak die oliekrokkenosterlikkeakkepikkestruisvoël skielik in die park? Kom kyk en vind uit!

Datums:

3 Oktober 2018 om 18:30

4 Oktober 2018 om 14:30

Kaartjies: R130

Besprekings: 082 496 1079