Die Nasionale Eisteddfod Skouspel konserte is vir menige deelnemer en ouer die kulturele hoogtepunt van die jaar. Sommige van die beste jong deelnemers in musiek, dans en drama tydens die afgelope Nasionale Eisteddfod van Suid-Afrika® tree by hierdie geleenthede op. Verskeie toppresteerders word ook by hierdie geleenthede met medaljes en ander toekennings vereer.

Die 2018 Skouspelreeks bestaan uit 11 konserte wat in verskillede streke van die Nasionale Eisteddfod van Suid Afrika® aangebied is. Die laaste Skouspel vir die jaar vind plaas in die Atterbury Teater op 12 November 2018 met deelnemers vanaf Limpopo en die Gauteng-Noord streke.

Vir meer inligting kontak asb. die NEA Hoofkantoor by 011 886 6005 of info@eisteddfod.co.za, of besoek die NEA webblad by www.eisteddfod.co.za.

Datum: 12 November 2018 om 19:00

Kaartjies: R65-110

Besprekings: Computicket of 012 942 5951