Nataniël – Somerkombuis 2017 Resepte

AARBEI-CROSTINI

 (’n Hemelse hap, iewers tussen soet en sout, voorgereg of nagereg)

Bestanddele:

2 eetlp bruinsuiker

2 eetlpl balsam-asyn

1/2 tlpl vanielje-ekstrak

400g vars aarbeie, in skyfies gesny

1 vars baguette

1 eetlpl druiwepitolie

250g Ricotta, teen kamertemperatuur

grofgemaalde swartpeper

 

Metode:

Klits suiker, asyn en vanielje saam

Voeg aarbeie by, bedek en laat staan

Sny baguette in dun skyfies verf met olie en bak in oond teen 170˚C tot goudbruin

Smeer Ricotta op elke snytjie

Plaas skyfies aarbeie bo-op

Bedrup met orige asynmengsel

Geur met peper

 

DRUIWE EN LAVENTEL KOEKSTRUIF

(8 porsies)

Bestanddele:

2 Genoise sponskoeke (sien resep onder)

Vanielje-skuim (sien resep onder)

1/2 kp sjampanje, nie vonkelwyn!

1 kp swart druiwe

300ml vars room

1 eetlpl strooisuiker

1 takkie vars laventelblommetjies

 

Metode:

Gebruik ronde glasbak met plat bodem, net groter as die sponskoeke

Sny een koek in 8 snye en rankskik op bodem van glasbak

Sprinkel met helfte van sjampanje

Skep Vanielje-skuim bo-op

Rangskik druiwe bo-op

Sprinkel tweede sponskoek met res van sjampanje

Rangskik bo-op Vanielje-skuim, maak seker snytjies pas bo-op onderste snye

Klits vars room met 1 eetlpl strooisuiker tot sagte punte vorm

Skep bo-op sponskoek

Breek laventelblommetjies van takkie en strooi bo-oor

Hou in yskas tot net voor opdiening

GENOISE SPONSKOEKE

(Hierdie beslag is vir een sponskoek, maar word tussen twee pannetjies verdeel)

Bestanddele:

30g botter, gesmelt

koekmeel

4 eiers

125g strooisuiker

125g bruismeel

knippie sout

 

Metode:

Voer die bodems van 2 22cm losboompanne met bakpapier

Smeer kante liggies met ’n bietjie van die gesmelte botter en sprinkel met koekmeel

Meng eiers en suiker in mengbak

Plaas bo-op kastrol met stomende water en klits vir 7 minute

Verwyder van hitte en klits verder totdat mengsel baie bleek is

(’n lepel beslag moet ’n patroon bo-op die res kan vorm)

Sif sout en meel bo-oor eiermengsel en vou versigtig in

Vou res van gesmelte botter versigtig by beslag

Verdeel tussen twee pannetjies

Bak in oond teen 170˚C (waaier) vir 25 minute of tot ligbruin

Laat afkoel en verwyder uit pannetjies

(Hierdie twee koeke is plat, nie hoog nie!)

VANIELJE-SKUIM

Bestanddele:

350g roomkaas teen kamertemperatuur

1 tlpl vanielje-ekstrak

4 eetlpl strooisuiker

3 eierwitte

 

Metode:

Klits roomkaas met vanielje en 2 eetlpl strooisuiker tot lig en romerig

Klits eierwitte met 2 eetlpl strooisuiker tot sagte punte vorm

Roer 1/3 van eierwitte by roomkaas tot goed gemeng

Vou res van eierwitte versigtig by

 

FRITTATA MET VARKWORSIES

Bestanddele:

3 – 4 eetlpl druiwepitolie

400g varkworsies

2 uie, in skyfies gesny

1 knoffelhuisie, gekap

4 medium aartappels, in skil gestoom

6 eiers, geklits

1/2 kp vars room

seesout

grofgemaalde swartpeper

handvol vars basieliekruidblare

 

Metode:

Verhit 1 eetlp olie in pan en braai worsies, laat afkoel

Verhit 1 eetlpl olie in dieselfde pan en braai uie en knoffel tot sag, nie bruin nie,

hou eenkant

Sny aartappels in skyfies

Verhit laaste eetlpl olie in pan

Rangskik aartappels op bodem van pan

Skep uie en worsies bo-op

Klits room en eiers saam, geur liggies met sout en peper, gooi in pan

Druk alles versigtig plat met spatula

Laat kook oor lae hitte totdat bodem goudkleurig is, ongeveer 6 minute

Plaas onder warm oond-element totdat bokant goudkleurig is

Keer om op opdienbord, sny in skywe en garneer met basiliekruid

Bedien onmiddellik, heerlik louwarm of teen kamertemperatuur

 

GEROOSTERDE WORTELSLAAI MET PAPAWERVINAIGRETTE

Bestanddele:

1 salot of klein ui, fyngekap

2 eetlpl sjerrie-asyn

2 eetlpl heuning

2 tlpl papawersaadjies

1 tlpl Franse mosterd

2 tlpl fyngerasperde lemoenskil

1/4 kp olyfolie

seesout

grofgemaalde swartpeper

4 eetlpl druiwepitolie

700g geelwortels, in dun repies gesny

12 klein of 6 groot sprietuie, wortels afgesny

1 Brie, in 12 wiggies gesny

mikrokruie of eetbare blomme

 

Metode:

Klits eerste 7 bestanddele saam

Geur liggies met sout en peper en hou eenkant

Verhit 2 eetlpl druiwepitolie in groot pan en braai wortels tot gaar maar ferm

Verwyder uit pan en hou eenkant

Verhit res van olie in pan en braai sprietuie tot dit buigbaar is en begin verbruin

Rangskik wortels en sprietuie op 6 individuele borde

Plaas 2 wiggies Brie op elke bord

Bedrup met vinaigrette en garneer met mikrokruie of blomme

Bedien teen kamertemperauur, moet nooit in yskas plaas nie

PS: Ek voeg ’n paar oondgebraaide Brusselspruite en gedroogde cranberries by vir ’n heerlike Kersfeesslaai

 

PIEKNIEKPLANK

Bestanddele:

12 snytjies glutenvrye brood, geverf met olie en in oond gebak tot goudbruin

miniatuur Gauffres

bokmelkkaas met skil

sagte bokmelkkaas

vars kersies

vinnige kersiekonfyt

biltong

Rangskik op planke vir 1 persoon, 2 persone of groter groep

 

MINIATUUR GAUFFRES (FRANSE VETKOEKIES)

Bestanddele:

2 eiers

3/4 kp witwyn

3/4 kp water

2 1/2 kp bruismeel

1 tlpl bakpoeier

1 tlpl sout

1 tlpl grofgemaalde swartpeper

1 opgehoopte tlpl vars roosmaryn, gekap

druiwepitolie

 

Metode:

Klits eiers

Meng wyn en water by

Plaas meel en sout in mengbak

Voeg eiermengsel by en meng

Roer kaas by

Bedek en laat staan in yskas vir 30 minute

Verhit ’n paar eetlplels olie op ’n slag in pan

Skep teelepelsvol beslag STADIG in pan (Nie meer as 4 gauffres op ’n slag nie)

Braai tot krakerig en goudbruin aan albei kante

Laat afkoel op kombuisdoek

 

VINNIGE KERSIEKONFYT

Bestanddele:

2 kp vars kersies

1kp appelsap

skil van 1/4 suurlemoen

 

Metode:

Plaas en pan en laat prut totdat kersies oopgebars het en sous begin verdik

Laat afkoel

Skep in klein glasbakkies of flessies

(Kan nie langer as twee dae gehou word soos tradisionele konfyt nie)