LIGTE VIS-EN-SAMPIOENSKOTTEL

(’n heerlike voorgereg, ook perfek as ’n maaltyd met groenslaai)

Bestanddele:

1 vel gevriesde skilferkors, ontdooi
1 opgehoopte eetlpl Parmesaan, fyngerasper
1 opgehoopte eetlpl vars pietersielie, fyngekap
1 tlpl grofgemaalde swartpeper
400g bruin sampioene, in dun skyfies gesny
1 kp witwyn
3 eetlpl druiwepitolie
8 visfilette, te minste twee soorte (ek gebruik stokvis en skelvis)
3 soeterige rooirissies (nie die sterk tipe nie!), in repies gesny
3 eetlpl koekmeel, nie opgehoop nie
seesout
grofgemaalde swartpeper
2 eetlpl vars pietersielie, fyngekap
takkies dille of vinkel

Metode:

Strooi een helfte van skilferkors met Parmesaan, pietersielie en swartpeper
Vou ander helfte oor en rol uit, dun genoeg om 12 sirkels met sjampanjefluit uit te druk
Plaas op oondplaat en bak in oond teen 190˚C to goudbruin, laat afkoel (neem slegs ’n paar minute)
Verhit olie in groot pan
Plaas visfilette in pan
Voeg sampioene en rissies by, voeg wyn by
Sif meel oor
Geur met sout en peper
Bedek en laat prut vir 10 minute
Gebruik spaan om vis af en toe om te draai, laat vis breek, maar nie in té klein stukkies nie
Voeg ’n klein bietjie water by indien nodig
Skep op bodems van 6 groot individuele bakke
Plaas twee skilferkors-sirkels bo-op
Strooi met pietersielie en versier met takkies vinkel

AARTAPPEL-EN-ASPERSIESLAAI MET DILLE-MAYONNAISE

Mayonnasie:

1 eier

1 eiergeel

1 tlpl suurlemoensap

1 lpl Franse mosterd

1 tlpl wit wynasyn

knippie sout

1 kp olyolie

2 tlpl fyngekapte vars dille

Plaas eerste 6 bestanddele in ’n bekervormige houer

Gebruik ’n elektriese handvoedselverwerker en klits tot romerig

Klits aanhoudend en voeg die olie stadig by in ‘n dun stroompie

Wanneer al die olie bygevoeg is, klits vir ’n paar sekondes tot die regte tekstuur verkry is

Roer dille by

Slaai:

1,2 kg jong aartappels in skil

3 eetlpl druiwepitolie

2 eetlpl appelasyn

seesout

18 medium aspersies

6 hardgekookte eiers

1 eetlpl ingelegde kappertjiesaad

grofgemaalde swartpeper

vars dille-takkies

Sny aartappels in helftes, meng met olie

Plaas op oondplaat en bak teen 180˚C tot goudbruin

Geur liggies met sout en sprinkel met appelasyn, laat afkoel

Sny aspersies in helftes en stoom tot heldergroen

Geur liggies met sout en laat afkoel

Plaas aartappels en aspersies op ’n groot opdienbord

Strooi kappertjiesaad bo-oor

Dop eiers af, sny in helftes en rangskik bo-op

Skep teelepelsvol mayonnaise tussen die eiers

Geur met swartpeper en garneer met takkies dille

FILETTE MET KOMKOMMER EN PETIT POIS

Bestanddele:

6 beesfilette van 175g elk, ongeveer 10cm in deursnee

seesout

grofgemaalde swartpeper

druiwepitolie

2 komkommers waarvan 1 te minste 20cm lank is

160g vars petit pois of tuin-ertjies sonder doppe

200ml hoenderaftreksel

100ml witwyn

1 eetlpl plus 1 tlpl botter

1 tlpl mielieblom

1 eetlpl water

vars ertjie-lote of eetbare blomme

2 eetlp vars pietersielie, fyngekap

 

Metode:

Geur filette mildelik met sout en peper

Verhit 2 eetlpl druiwepitolie in pan

Verbruin filette aan albei kante

Haal uit pan en plaas in oondpan met bakpapier

(Hou pan waarin filette verbruin is net so vir die sous!)

Bak in oond teen 190˚C vir 8 minute

Haal uit en laat rus

Terwyl filette in oond is: Skil komkommer, halveer en verwyder saadjies

Sny die halwe komkommers sodat daar 6 lengtes van 10 cm elk is

Sny elke lengte in 3 lang repe, daar moet 18 repe komkommer van 10 cm wees

Verhit 2 eetlpl druiwepitolie in aparte pan

Voeg komkommer by en braai vir 1 minuut of tot hoeke net begin verbruin

Voeg ertjies, 1 tlpl botter en 100ml hoenderaftreksel by en laat borrel teen hoë hitte

vir 2 tot 3 minute, verwyder van hitte, geur met sout en peper en hou warm

Verhit res van hoenderaftreksel, witwyn en 1 eetlpl botter in pan waarin filette verbruin is

Laat borrel oor hoë hitte totdat vloeistof halveer het

Roer mielieblom en 1 eetlpl water saam

Roer by sous en laat prut tot sous begin verdik

Verwyder van hitte, geur met sout en peper

Rangskik 3 repe komkommer parallel met mekaar op 6 borde sodat

dit ’n vierkant op elkeen vorm

Skep versigtig ertjies tussen komkommers

Plaas filette bo-op

Drup wynsous rondom

Plaas ertjie-lote of eetbare blomme bo-op filette

Sprinkel pietersielie rondom

Bedien onmiddellik

SJOKOLADE-CROISSANTPOEDINGS

 (Absoluut heerlik en ook baie mooi vir ’n Kerstafel!)

Bestanddele:

7 dag-oud croissants, gesny in 2cm blokkies

1 kp klapperroom

1/4 kp klappermelk

1 kp water

80 donker sjokolade

40g melksjokolade

1 eier

2 eiergele

1/4 kp esdoringstroop

1 tlpl vanielje-ekstrak

1/4 kp Ierse likeur

versiersuiker

vars bessies

 

Metode:

Plaas stukkies croissant op oondplaat en rooster in warm oond vir 15 minute, “roer” halfpad om stukkies om te draai, laat afkoel

Breek sjokolade en plaas in mengbak

Verhit klapperroom, klappermelk en water in kastrolletjie en gooi oor sjokolade, roer totdat sjokolade gesmelt is

Klits eier, eiergele, esdoringstroop en vanielje saam in aparte mengbak

Roer croissantstukkies by

Roer klappermengsel by, laat staan vir 10 minutes

Skep in 6 gesmeerde ramekins

Plaas in oondbak, gooi kookwater rondom tot helfte die hoogte van die ramekins

Bak in oond teen 180˚C vir 25 minute

Haal ramekins uit oondpan en laat staan vir 15 minute

Keer poedings versigtig uit en plaas op opdienborde

Sif versiersuiker oor en garneer met vars bessies (of skyfies vars mango)

Kan met vla of goeie roomys bedien word

TRADISIONELE CRANACHAN

 (Ook bekend as “Scottish Trifle”)

Bestanddele:

2 opgehoopte tlpl botter

100g bruinsuiker

100g hawermout

250g mascarpone of dubbelroom

250ml vars room

75ml goeie whiskey

450g vars frambose

 

Metode:

Verhit botter en suiker (of heuning) in pan

Roer hawermout by

Roer oor hoë hitte tot krakerig, ongeveer 5 minute, moenie hawermout te veel verbruin nie!

Laat afkoel

Klits mascarpone en room saam tot sagte punte vorm

Vou whiskey versigtig by

Vou hawermout versigtig by

Vou 2/3 van frambose versigtig by

Skep in 6 tot 8 individuele glase (Martini-glase of coupe sjampanje-glase)

Versier met res van frambose