Nataniël Winterkombuis 2017 Resepte

AUVERGNE KOOLPASTEI

Bestanddele:

1/2 koolkop, verkieslik Savoi

2 eetlpl druiwepitolie

200g ontbytspek (bacon), in klein blokkies gesny

2 eiers

3 sallotte of klein uie, fyngekap

3 knoffelhuisies, fyngekap

Handvol Italiaanse pietersielie, fyngekap

Seesout

Grofgemaalde swartpeper

200g bruismeel

250ml melk

Metode:

Stoom kool vir 3 minute, hou eenkant

Smeer ronde oondbak/pasteibak met druiwepitolie en verhit in oond teen 180˚C vir 3 minute

Meng intussen die spek, eiers, uie, knoffel en pietersielie saam

Meng meel en melk by

Geur met sout en peper

Verwyder warm bak uit oond en smeer helfte van beslag oor bodem

Pak koolblare bo-op en druk plat

Smeer res van beslag bo-oor

Bak in oond teen 180˚C tot goudbruin, ongeveer 35 minute

KARRINGMELK & CHEDDAR PLAATKOEKIES (DROP SCONES)

Bestanddele:

1 kp bruismeel

1 kp amandelmeel

1 eetlpl suiker

1 opgehoopte tlpl bakpoeier

1 tlpl seesout

1 tlpl grofgemaalde swartpeper

2 eiers

1 kp karringmelk

1/2 kp suurroom

3/4 kp sterk cheddar, gerasper

1/4 kp sprietuie, fyngekap

Druiwepitolie

Metode:

Plaas bruismeel, amandelmeel, suiker, bakpoeier, sout en peper in

Mengbak

Klits eiers, karringmelk en suurroom saam in aparte mengbak

Meng by meel

Roer kaas en uie by

Verhit ’n klein bietjie druiwepitolie in pan

Skep lepelsvol beslag in pan (nie meer as 4 op ’n slag nie)

Braai tot ligbruin aan albei kante, herhaal

Bedien onmiddellik met sop of slaai

Of bedrup met heuning en bedien tydens ontbyt

WITBOONSOP MET CHORIZO EN SPINASIE

Bestanddele:

1 groot chorizo, in dyn skyfies gesny

1 ui, gekap

2 geelwortels, in dun stokkies gesny

1 l hoender- of groente-aftreksel

2 kp witwyn

1/2 tot 3/4 pak jong spinasieblare

1 blikkie witbone, gedreineer

Seesout

Grofgemaalde swartpeper

Parmesaankaas

Metode:

Sny chorizo-skyfies in helftes en verhit met ui en wortels in groot kastrol

Roer oor medium hitte vir 5 minute

Voeg aftreksel en wyn by en laat prut vir 10 minute

Roer spinasie en bone by

Geur met sout en peper

Skep in bakkies

Garneer met dun skyfies Parmesaan

PANGEBRAAIDE VIS MET TAMATIES EN WYN

Bestanddele:

6 dik vars visfilette

2 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny

3 eetlp druiwepitolie

Seesout

18 jong tamaties

3 takkies vars tiemie

1/2 kp witwyn

Grofgemaalde swartpeper

Handvol vars basiliekruidblare

Vars baguette

Metode:

Maak klein snytjies in vis en druk knoffelskyfies daarin

Smeer vis met olie en geur liggies met sout

Braai 30 sekondes aan elke kant in warm pan

Voeg tamaties, tiemie en witwyn by en laat prut totdat tamaties bars

Druk tamaties plat

Skep in opdienbak, geur met swartpeper en garneer met basiliekruidblare

Bedien met gebreekte baguette

GEBAKTE APPELS, UITEINDELIK

Bestanddele:

50g sultanas, gekap

50g cranberries, gekap

50g gedroogde vye, gekap

50g pekanneute, gekap

1 eetlpl heuning

Sap van 1/2 lemoen

2 eetlpl klapperskyfies (shavings)

5 groot of 6 kleinerige appels

Ekstra heuning

1 kp vars room, geklits

Metode:

Meng eerste 7 bestanddele saam

Verwyder appelstronke en sny appels horisontaal in helftes

Rangskik op oondplaat met die skil aan die onderkant

Druk vulsel in appelholtes en skep die res van die vulsel bo-op

Bedek losweg met foelie en bak in oond teen 180˚C vir 15 minute

Verwyder foelie en bak tot goudbruin, ongeveer 10 minute

Spinkel liggies met heuning en bedien dadelik met room