Die mees gevorderde tegnologie wat vandag op die mark beskikbaar is, maak hierdie teater die ideale plek vir enige tipe produksie, van CD-vrystellings, kinderteater en musiekblyspele tot drama- en komediestukke, boekvoorlesings, klassieke musiekuitvoerings en rock-produksies. Al meer privaatinstansies gebruik die teater vir konferensies, alumni-byeenkomste, mode-parades, koorfeeste, dansproduksies, en liefdadigheidskonserte. Die teater het opname-ateljees wat gebruik kan word vir die opname van CD’s, DVD’s en vertonings. Die Atterbury Teater is toegerus met die nuutste oudiovisuele tegnologie, wat dit ideaal maak vir konferensies en produkvrystellings.