Roan Ash laat jou in jou spore vassteek wanneer jy hom vir die eerste keer hoor sing. Daar is ‘n hoendervleismooi opregtheid en strelende growwigheid in sy stem wat jou uitnooi om verlore te raak in sy sielvolle lirieke…en laat jou glo dat jy heel moontlik net vir ‘n oomblik in die hemel is. Dit is dan ook hierdie eienskappe wat die nuutste enkelsnitvrystelling, IF I EVER SAW HEAVEN, vanaf sy album WHISKEY TO MY SOUL, so onvergeetlik maak.

Roan het sy eerste kitaar gekry to hy dertien geword het en speel sedert hy sewentien is in elke kroeg, restaurant en plek waar hy moontlik kan. Al sy harde werk het vrugte afgewerp en gelei tot ‘n kontrak met Inhoud Huis Musiek. Roan het ‘n waardering vir ‘n wye verskeidenheid musiek en sonder Jack Savoretti, John Mayer, Ed Sheeran en Imagine Dragons uit as van die grootste invloede op sy eie outentieke musiekstyl.

Roan se album WHISKEY TO MY SOUL het op die dag van vrystelling begin Maart geskiet na nr.1 op die iTunes pop trefferparades en die eerste enkelsnit is ook reeds besig om te klim op radio stasies se trefferparades regoor die land. Roan het ook onlangs almal weggeblaas met sy uitsonderlike optrede op DANCING WITH THE STARS.

Moenie die geleentheid mis om hierdie ongelooflike kunstenaar lewendig te sien by Atterbury teater vir sy offisiele album vrystelling konsert nie!

Datum: 22 Mei 2018 om 20:00

Kaartjies: R160-180

Besprekings: Computicket of 012 942 5951