SONDAGKLAVIER is ’n spesiale, rare en eenmalige geleentheid om gewilde pianist Rocco de Villiers te hoor sonder agtergrondmusiek of orkes. Die program bring wat Rocco die beste doen – een klavier, een Rocco, een pak klere, baie gunstelinge – en soveel meer! Solo Rocco!

Met klavier alleen speel en gesels Rocco oor musiek – bekende, onbekende, nuwe, ou, vreemde, tranetrekkers, komiese en dan natuurlik n paar verrassings!

Moenie hierdie sielvolle geleentheid om musiek soos van ouds op Sondae te luister, mis nie.

Datum: 17 Februarie 2019 om 17:00

Kaartjies: R220/250

Besprekings: iTickets of 012 942 5951