Steve Hofmeyr – SKREE

Steve Hofmeyr het rede om te glimlag. Hy het sy 30ste CD opgeneem, sy 11de boek uitgegee en op 53 jaar weer pa geword! Baie om te vier… Sy dubbel platinum Country was een van Suid-Afrika se beste verkopers vir 2016 en nou kan sy leër van ondersteuners uiteindelik uitsien na SKREE, sy nuutste oorspronklike album vir sy SKREE-toer in 2018. “Ek word pal geïnspireer deur mense, idees en seëninge. Ek was vir die eerste keer in jare weer lus om te skryf. SKREE is die resultaat,” het hy gesê voordat hy sy internasionale toer afgeskop het in Australië en Nieu-Seeland. Hy bring dekades reeds ‘n voorsmakie van sy Afrika aan duisende bewonderaars oor die wêreld.

Hy het terugkeer huis toe vir die publikasie van sy 11de boek, ‘n misdaadroman genaamd Die Onaantasbares (The Untouchables). Dit sal sy 6de roman wees. “Daarna begin die toer. Ledigheid en ek is onversoenbaar,” sê die 53-jarige, onlangs ‘n pa. Sy dogter, Romy-lee, is gebore op 19 Junie 2017. Hy lag: “As jy gedink het ek is klaar, skaam jou …” Hierdie Pretoria-gebore, ongeneesbare Blou Bul en dwarstrekkerige aktivis vermaak Suid Afrika al drie dekades lank. Tog ken sy kreatiwiteit ken geen grense nie.

Hy het begin as ‘n jong rocker en drama-student, eerste op die verhoog en toe in hoofrolle in rolprente, blyspele en televisie (Agter Elke Man, Kampus, Geen Held, Dis Hoe Dit Is, Platteland, Pretville, Treurgrond, ens.). Dit het ‘n voltydse loopbaan geword wat uitgeloop het op een van die besigste en hardwerkendste Suid Afrikaanse kunstenaars in die geskiedenis, met ‘n gewilde en kragtige kulturele teenwoordigheid in 21ste eeu Suid-Afrika. Steve het ondermeer 200 liedjies geskryf wat opgeneem is.

Hy vermaak Suid-Afrikaners weekliks in uitverkoopte konserte met sy onvergeetlike treffers en sy growwe stem, sin vir humor, nostalgiese huldeblyke, pittige sêgoed en sterk sosiale kommentaar wat geen mens of steen onaangeraak laat nie. Sy resep, sê hy, is om nooit jou gehoor te onderskat nie en om nooit op te hou leer nie.

Dit boed hom ‘n toegewyde sosiale media gevolg op Facebook (416k), Twitter (245k) en Instagram (27k), waar jy hom kan bereik, sommer nou! Sê Steve: ” Soms moet jy ‘n bietjie skree. Ek hoef nie te wen nie. Ek hoef net gehoor te word. En sodra ons dit bemeester, glo ek in die grootste land op aarde … Suid-Afrika. ”

 

Datums: 21-22 Februarie 2018 om 20:00

Kaartjies: R180/200

Besprekings: Computicket of 012 942 5951