Entries by Atterbury Teater

Groet die Grotman 2

Dit is 20 jaar later. Die Grotman en Elize is steeds baie gelukkig getroud … of is hulle? Die kinders is tieners. Mans en vrouens verskil steeds en is eintlik van verskillende planete. Is alle mans steeds poepholle? Is alle vrouens steeds gaarders? Meneer en mevrou kom herken jouself in Groet die Grotman 2 en kom skaterlag vir jouself. Meneer, jy gaan […]

‘Lente My’ deur Koos van der Merwe

Lente My… ‘n Koos-konsert oor die Liefde se Seisoene Jacques Brell, Toon Hermans, Herman Kleynhans, Leonard Cohen, Bob Dylan, Al’astair, Koos du Plessis en Koos van der Merwe se liedjies oor die liefde. Een vertoning. Agt skeppende genieë. Sestien liedjies. Sewentig minute. Koos sing legendariese kunstenaars se diepste, mooiste en mees onvergeetlike liedjies oor die […]

Louise Carver & Ard Matthews Live

Louise Carver and Ard Matthews is twee van Suid Afrika se beste sangers/liedjieskrywers wie se stemme so perfek by mekaar pas, dat hulle saam gehoor moet word. Met omtrent 40 treffers tussen hulle gaan hierdie  asemrowende vertoning gevul wees met musiek wat Suid Afrikaners ken en mal oor is. Na hulle twee mekaar deur die musiek […]

Ndlovu Youth Choir

Die Ndlovu Youth Choir is werklik iets om te beleef. Die energieke groep jongmense steel die harte met hulle unieke Afro-pop styl. Nie net sing hulle in 11 tale nie, maar het ook fantastiese choreografie wat daarmee gepaard gaan. Die nou professionele ensemble het begin as ‘n na-skool aktiwiteit vir ‘n groep Limpopo leerders, maar […]

Karen Zoid

Karen Zoid is terug in Julie om jou winter warm te maak met ‘n paar ‘lucky packet konserte’ soos sy dit noem. Slegs 3 aande, jy moet spring om ‘n kaartjie te kry! Datum: 25-27 Julie 2019 om 20:00 Kaartjies: R250 Besprekings: iTickets of 012 942 5951

OPTOG! Pieter-Dirk Uys: When in doubt say “Darling”

Pieter- Dirk Uys gee perspektief oor die afgelope 40 jaar se “distress, disguise en disgust”: van apartheid tot “tripartite”, van  amandla tot Nkandla, van Brexit tot Zexit. Pruike, brille, vingerwysers, toyi-yoyis, rooi barette, troefkaarte van gekheid, ikone en aikonas; van Bezuidenhouts, Raubenheimers, Ramaphosas tot Altzheimers. In ‘n tyd wat ‘n informele groet of omhelsing gesien […]

Ster-Status Finalé

Apprentesses SA is ’n kompetisie wat geskep is om jong vroue, tussen die ouderdom van 20 en 35, wat daarvan droom om in die kollig te wees te mentor en te bemagtig. Die Ster-Status Finaal is ’n glansryke rooitapytgeleentheid, wat by die Atterbury Teater in Pretoria gehou word, waartydens die wenner van hierdie projek se […]