Skip to content
FACEBOOK - rocco

ROCCO DE VILLIERS – SONDAGKLAVIER

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Buy Tickets - 260 ZAR

Klavierspeler en vermaaklikheidskunstenaar Rocco de Villiers bring sy klavier – en net sy klavier – vir 90 minute van musiek en praatjies. SONDAGKLAVIER het op sosiale media begin en nou is dit op die verhoog. Want julle het daarvoor gevra.

Rocco se eie treffers, andere se treffers en verder net mooi musiek. Die beste manier om Sondagmiddag te gebruik om batterye propvol te maak vir die komende week. Jy hoor alles, en Rocco gee jou selfs kans vir ‘n versoek of twee.

Dis SONDAGMIDDAG.
Dis SONDAGKLAVIER.
Dis SOLOKLAVIER.
Dis SALIG.