Die Ndlovu Youth Choir is werklik iets om te beleef. Die energieke groep jongmense steel die harte met hulle unieke Afro-pop styl. Nie net sing hulle in 11 tale nie, maar het ook fantastiese choreografie wat daarmee gepaard gaan.

Die nou professionele ensemble het begin as ‘n na-skool aktiwiteit vir ‘n groep Limpopo leerders, maar hulle het hulself spoedig vervorm tot ‘n globale sensasie wat met hulle fenomenale Zulu weergawe van Ed Sheeran se “Shape of you” die hele wêreld aan die gons gehad het.

Die optrede is ten bate van Operation Healing Hands (OHH). OHH is ‘n nie-winsgewende organisasie bestaande uit ‘n groep privaat praktyk medici wat gratis lewensveranderende operasies en prosedures aan staatspasiënte verskaf.

Sedert 2016 het die organisasie al die lewens van bykans 300 pasiënte onherroeplik verbeter met gratis operasies en prosedures wat strek van tandheelkunde tot heupvervangings.

www.choir.africa | www.ohhsa.net

Datum: 23 Julie 2019 om 19:30

Kaartjies: R160/180

Besprekings: iTickets of 012 942 5951