Indien die vorm hierbo nie werk nie, stuur asb. ‘n e-pos aan info@atterburytheatre.co.za met jou intekeningbesonderhede.

Goeiedag Atterbury Nuusbrief vriende,

Ons geniet tans heerlike Hersdae maar die winter is oppad en ons sien uit na lekker kuiers by gesellige kaggelvure met rooiwyn en gelukkig het die teater goeie lugreëling dus ook na snoesige teateraande. In Junie is daar sommer baie uitstekende vertonings met ‘n groot verskeidenheid om van te kies.

2 & 3 Mei 2019 20h00 – it takes 2

Ons is besonder bevoorreg om ‘n vertoning van Kelsey Middleton se professionele dansers hier te kan aanbied. Moenie dit misloop nie!!

8 Beelskone dansers van Kelsey Middleton gaan ‘n asemrowende vertoning aanbied met ongelooflike atletiese kunstenaarskap en rou emosie in 13 duette, asook Kmad Dance Company se repertoire word ingesluit.

Lede van die uitstekende Kmad  geselskap sluit in Nelmari Bornman, Evan van Soest, Celia van Tonder en Lwanele Masiza asook nuwelinge soos Given Mhkize, Hardy Keeve, Monique Laurence en Somer February.

Hulle sal werke uitvoer soos “3 is a Crowd”, “Tydloos”, “Beautiful in Beaufort Wes” en “You’re losing your Memory” (choreografie deur Middleton) en It used to be (choreografie deur Laura- Jean de Vries).

8 Mei 2019 20h00 – Die Radio Kalahari Orkes

Kom ontspan na die Stemdag met die Radio Kalahari Orkes met Ian Roberts, Wynand DavelLize WiidFriso WoudstraBarry Steenkamp en  Bradley Cooper. Hulle musiek strek van ‘n diep gewortelde plek, wat Ghoema-, Latyns- en Africana-musiek aanneem, insluitend enigiets anders wat langs die grondpad te vinde is. Die woorde is egter ferm op die hede en liedjies soos Heuningland, Staan by My, Blaas jou Vuvuzela, Kaptein, Kaptein ens.

Met akoestiese toerusting amper so oud as hul leuse speel die klanke uiteen: viool, kitare, dobro, mondfluitjie, bas, trekklavier, gazoos en ‘n ou Fender Telecaster.RKO is op 20 April 2017 vereer met ‘n FAK – Prestige-toekenning vir die uitstekende bevordering van Suid-Afrikaanse volksmusiek.

10 – 12 Mei 2019 Verskeie Tye – Die Voordele van Eierwit

Met Marion Holm en Margit Meyer Rödenbeck

Teks: Retief Scholtz

Regie: Tara Notcutt

Kyk… as daar nou één dag is wat Ans le Roux en Elna Basson nie tyd het om in ’n hysbak vas te sit nie, dan is dit vandag.

Daar is ’n duisend dinge… Mans en kinders, specials by Checkers, vraestelle om te merk, huise om te verkoop, Ans se obsessie met eierwit (verlede maand was dit Borrie), wat om vanaand gaar te maak (Dieter is mos nou ’n Vegan) en pa se woonstel.

Susters wat baie praat, praat die oppervlak so toe dat dit wat regtig pla selde oor gepraat word. Die voordele van eierwit – is die gejaagde lewe waaraan ons almal so gewoond is, maar wat as alles vir ‘n oomblik stop. Wat gebeur dan?

Marion en Margit was laas saam te sien in ‘n “two hander” in die produksie Jong Dames Dinamiet van Hennie van Greunen in 2003.  Na jare se dreig om weer ‘n produksie saam aan te pak, is dit nou sulke tyd.

11 Mei 2019 11h00 – Nataniël Gesels –  UIVERKOOP!! Maar weer terug op 8 Junie!!!

Vir meer as 20 jaar tree Nataniel reeds as spreker op, hy word bespreek deur skole, universiteite, maatskappye, kerke, liefdadigheidsorganisasies en tydskrifte. Hy gesels met insig, deernis, humor en sonder vrees. Die afgelope jaar bied hy sy praatjies in teaters aan met groot sukses. Hy vertel stories, vermaak en verras, hy gesels oor kommer en oorlewing, prestasie en twyfel, opstandigheid en oorgawe. In-dien tyd dit toelaat, word vrae uit die gehoor beantwoord. Plesierig, skreeusnaaks en roerend, NATANIËL GESELS is ’n unieke ervaring.

14 Mei Steve Hofmeyr – Songs of Neil Diamond

UITVERKOOP – maar weer terug op 22 Augustus – bespreek betyds!

Steve Hofmeyr sê: “Neil Diamond het die grootste invloed op my as musikant gehad en daaaroor doen ek graag ‘n huldeblyk vertoning.  Ek is nie die tipe kunstenaar wat, eksperimenteer, opvoed of van rigting wil verander nie, maar skryf graag pop liedjies waarby mense aanklank vind, en dit is waarin Neil Diamond nog altyd uitgeblink het.”

Dit was vir Hofmeyr groot pret om hierdie vertoning saam te stel want vir baie jare al verdiep hy hom in Neil Diamond se repertoire. Van die Diamond liedjies wat hy so ingesluit het is o.a. die geliefde  Solitary Man’ , ‘Play Me’, ‘Don’t Turn Around’, ‘Cherry Cherry’, ‘If You Know What I Mean’  ‘Crunchy Granola’ en vele meer. ‘n Spesiale aand vir alle Steve en Neil Diamond “fans”.

17 Mei 2019 20h00 – OPTOG! Elvis Blue

Ons laai hom in!

Elvis Blue deurkruis die land saam met ons om sy Stories vir jou te bring. “Stories begin as letters. Daar bestaan ‘n hele lys woorde wat in Afrikaans en Engels presies dieselfde lees en gespel word!”

‘n Feit wat ook presies weerspieël wat gehore van hierdie unieke musiekreis te wagte kan wees.

‘n Keurspel van treffers uit ons almal se jongdae, asook ‘n seleksie van oorspronklike en meer onlangse Elvis Blue treffers.

18 Mei 2019 20h00 – Evergreen

GOEIE NUUS!!!  Hier is ‘n spesiale aanbod met kaartjies vir slegs R105 per kaartjie en dit vir een van die heel mooiste vertonings van 2018!

Die Produksie heet Evergreen  op 18 Mei om 20:00 en bied voorwaar tydlose musiek aan.

Gunstelinge wat die toets van tyd deurstaan het en ons soliste Vita Wilkens (Sopraan), Chantall Brand(Alt), Dewald Grobler (Bariton), Johan Schlebusch (Bariton) en Marco Basson (Tenoor) se stemme uitstekend pas, word uitstekend aangebied met   treffers soos The Great Pretender, Namakwaland, en natuurlik Bridge over troubled water, Nessun Dorma en die Drinklied uit La Traviata, Kyk hoe glinster die maan en ABBA se The winner takes it all en vele meer!

Bepreek sommer nou!

19 Mei 2019 14h00 – Donkie met Frank Opperman

Frank Opperman is terug met ‘n splinternuwe eenmanvertoning en dit beloof om gehore nog meer aan te gryp en te laat lag as in enige van sy vorige vertonings.

In “Donkie” ontmoet ons mnr. Barry Swart, 58-jarige hoof van die Hoërskool Hans Oosthuizen, ’n voormalige model C-skool. “Donkie” is die bynaam wat almal vir die skoolhoof gebruik. Mnr. Swart is ’n man onder druk.

Daar was ’n berig in ’n Sondagkoerant oor hoe die eens trotse Hoërskool Hans Oosthuizen besig is om agteruit te gaan. Die leerlinge se akademiese prestasie is nie na wense nie en die eerste rugbyspan het vyf wedstryde agtereenvolgens verloor.

Daar is ook ernstige probleme met die leerders se dissipline en boonop was daar ’n “voorval” in een van die klasse. Ook lyk dit of Afrikaans dalk een van die dae nie meer die onderrigtaal by die skool sal wees nie. Die Beheerliggaam sowel as sommige ouers en onderwysers eis mnr.

Swart se kop. Mnr. Swart oorweeg om te bedank, maar dan, een Maandagoggend tydens saalopening, besluit hy om sy kant van die saak te stel…..

Maak seker jy kry die geleentheid om die bekroonde en gewilde akteur Frank Opperman in aksie te sien.

20 Mei 2019 20h00 – OPTOG! Komi – Nasie

Met Pietman Geldenhuys en Wicus van der Merwe

Ons is Wicus en Pietman en kuier al jare om die vuur. As bure. As vrinne. Altwee in die kombi, maar albei wil bestuur. Kom lag. Kom vergeet.  Ons kombineer sousboontjies en beet.  Ons sal vir jou vertel wat ons nog altyd weet.

21 Mei 2019 20h00 – Dan Patlansky Live

Op 21 May keer Dan Patlansky terug na sy Suid Afrikaanse fans met sy volle elektriese band in sy 2019 toer met sy Duo Electric vertoning. In 2018 is Dan aangewys as “9th Best Blues Guitarist in the world” deur Total Guitar & Musicradar, en sy nuuste album ‘Perfection Kills’ as “#2 Best Blues Rock Album in 2018“deur Blues Rock Review USA.

Dan kan bg. byvoeg by‘n lang lys internasionale toekennings wat insluit “#4 Best Guitarists” in die wêreld en hy is die enigste kunstenaar met twee wêreldwye “#1Best Blues Rock albums” deur Blues Rock Review USA.

Dan en sy band gaan liedjies van Perfection Kills doen asook treffers van vorige albums wat sal insluit 2016 se Introvertigo en 2014 se Dear Silent Thieves.

22 Mei 2019 20h00 – Navi Redd

NO INSTRUMENTS, NO PROBLEM!!! Navi Redd is terug by Atterbury Teater! Ouer, gryser, wyser en beter as ooit tevore…

Bring jou ma, jou pa, jou man, jou vrou, jou skoonma, jou ouma, jou kinders, jou broer, jou vriende en vyande! Vermaak vir oud en jonk!

Die rebelle van a capella is terug met ‘n produksie propvol treffers…. elk verwerk op die unieke Navi Redd manier.

Geen “back-tracks”, geen musiekinstrumente! ‘n Mengsel van stem, klank, humor en energie! A capella musiek was nog nooit so opwindend gewees nie!

23 Mei 2019 20h00 – Jan Blohm en Band

Jan Blohm is geen onbekende in die Suid Afrikaanse musiekbedryf nie! 2018 sien Jan terug op die verhoog met ‘n drie stuk groep waar hy die oorspronlike inspirasie van blues en soul musiek terug werk in vertolkings van sy selfgepende musiek!

Die Liefde Album is Jan Blohm se nuutste vrystelling na ses jaar, maar is nie gevul met heuning-lirieke wat drup nie, maar eerder die rou, eerlike waarheid wat nét Jan kan vasmessel in ‘n album gevul Blues, Rock & Poëtry.

‘n Musikale sirkel wat begin het met frustrasies, teenkanting, sonder begrip en hoop, is vandag voltooi met selfaanvaarding en die grootste van als; Die Liefde Jan Blohm breek die kontras tussen rock en liefde, en gaan jou harde rocker’s hart laat smelt met sy nuutste; Die Liefde Album!

26 Mei 2019 17h00 – Concert of Opera

Internasionaal Bekroonde Opera Sangers vir slegs een aand in Pretoria.

Op Sondag 26 Mei 219 sal die Atterbury Teater weerklink met die klank van opera arias en duette vertolk deur die Italiaanse sopraan Laura Andreini en van die tenor Stefan Louw wat in Suid Afrika gebore is, maar internasionaal roem verwerf. Hulle sal begelei word deur Paul Ferreira op klavier.

Andreini het as pianis gegradueer voordat sy haar sang studies by die Rinaldo Franci Institute of Higher Music Education in 2010 voltooi het. Sy het haar debut in 2011 gemaak as Despina in Cosi fan tutte en haar repertoire sluit rolle in soos Gilda in Rigoletto, Adina in L’Elisir en Violetta in La Traviata.

Tenoor Stefan Louw het sy debut in 1998 gemaak by die Pretoria Staats Teater in die rol van Beppe in I Pagliacci. Dit het aan hom die gesogde FNB Opera Toekenning vir beste Nuweling in Opera besorg. Louw het n wye liriese tenor repertoire en fokus nou op die spinto repertoire wat insluit die hoofrol in Werther (Rhoodepoort Teater 2015), Radamas in Aida (Opera de Dijon 2008),Don José in Carmen (Johannesburg Teater 2018) en Pollione in Norma (Opera de Vichy 2008).

Pianis Paul Ferreira is wel bekend by  opera gehore in Suid Afrika. Sy repertoire as repertateur en koormeester sluit in Don Giovanni, Madame Butterfly, Le Nozze di Figaro en vele meer. Met ‘n “Performers Licentiate in Vocal Accompaniment” by Unisa is hy ‘n vryskut kunstenaar wat ook Musiek en Klavier by ‘n privaat skool in Pretoria doseer.

Die konsert by die Atterbury Teater op Sondag  26 Mei begin om  17:00 en die gehoor kan uitsien na ‘n wêreldklas  optrede van opera arias en duette soos Nessun Dorma en Libiamo. Veelsydige tenor Johann du Toit sluit aan by die opera trio en bring vir gehoor   gunsteling soos Con te partiro (Time to say goodbye).

27 Mei 2019 19h00 – Nataniël Herfskombuis

Tydens hierdie unieke kook-en-kletsgeleenthede staan Nataniël letterlik op die verhoog en demonstreer eenvoudige dog smullekker geregte, terwyl hy die een spontane spitsvondigheid na die ander kwytraak.

Die resepte van die betrokke aand se seisoenkombuis is na die tyd in die voorportaal beskikbaar, en daarna ook op ons webwerf – hou dit in ‘n lêer vir volgende jaar!

Die eerste seisoenkombuis vir 2019 vind op 27 Mei plaas met “Herfskombuis”.

Bespreek jou plekke betyds, want almal wil Nataniël “live” agter die kospotte sien!

29 Mei 2019 20h00 – CH3: Chris Chameleon en CH2

Klassiek, wêreld-fusie en instrumentale “pop” met stem.

Beide Chris Chameleon & CH2 is bekend daarvoor dat hulle dikwels die grense van hul genres toets, sodat hul gehore altyd iets nuuts en verrassend te wagte kan wees! Chris Chameleon se briljante stemgebruik en magnetiese verhoogpersoonlikheid kombineer met die vernuftige kitaarspel en musikale vuurwerke van CH2 se fusion-styl met Spaans-Latynse-Afrika-ritmes en sommer lekker Afrikaans.

‘n Groot verrassing van hierdie samewerking is dat Chris Chameleon teks en melodie byvoeg tot die dinamiese oorspronklike werk van CH2 om tot die skepping van splinternuwe liede te lei.

Ch2 skep op hulle beurt weer verwerkings van Chris se grootste treffers om ‘n vertoning uit die boonste rakke en van internasionale gehalte aan te bied.

30 Mei 20H00 Pink Floyd- Dark side of the Moon

“Dark side of the moon – A Tribute to Pink Floyd” is gebaseer op die sukses van die “Crazy Diamond” – vertoning, ‘n indrukwekkende, multi-dimensionele vertoning met uitstekende resensies waarvan daar al meer as 250 vertonings aangebied is sedert die debut  produksie in 2008.

Die middelpunt van die produksie is ongetwyfeld Mel Botes, een van Suid-Afrika se mees talentvolle kitaarspelers en liedjieskrywers. In dié produksie bou hy voort op “Crazy Diamond” en lewer ‘n onverbeterlike huldeblyk aan die beroemde Engelse Rock groep.

Die eerste deel sal die vertoning  sakl die volle produksie van Dark Side of the Moon bevat met die grootste treffers van Pink Floyd  in die tweede deel.

31 Mei en 1 Junie 2019 20h00 – Defending the Caveman

“Defending the Caveman” is die toneelstuk met die langste speelvak en mees suksesvolle solo komedie in Suid-Afrikaanse teatergeskiedenis. Dis nou die “Afskeids Seisoen” by die Atterbury op 31 Mei en 1 Junie.

Geskryf deur Rob Becker, het Tim Plewman die draaiboek aangepas vir Suider-Afrika en het die Vita Award vir Beste Akteur in ‘n komedie gewen, en met groot sukses ook in Perth en Las Vegas opgetree maar dis nou opgedateer om ook vandag se wêreld met tweets, selfies en Facebook te flekteer.

Hierdie produksie is nog steeds ‘n skreeusnaakse, beminlike en insiggewende komedie wat die verskille tussen mans en vrouens verduidelik en sal jou met nuwe oë na jou metgesel laat kyk. Kom lag saam want lag is ook goeie terapie!

Die teater bied verseker die ideale aand uit aan – kom eet by een van 8 uitstekende restaurant en woon een van ons groot verskeideheid vertonings by – die beste terapie vir die stress van elke dag!

Groete,

Paulette

Indien die vorm hierbo nie werk nie, stuur asb. ‘n e-pos aan info@atterburytheatre.co.za met jou intekeningbesonderhede.