Met Kevin Leo, Danie Niehaus en Mathys Roets 

Drie fenomenale stemme wat as solo-kunstenaars elk reeds diep spore getrap het in die Afrikaanse musiekwêreld. Saam haal hulle treffer-liedjies uit ’n musikale skatkis van twee dekades en pak dit in die OPTOG! kombi se kattebak. Hulle stof oues af en durf nuwes aan en word vir hierdie vertoning begelei deur pianis, Matthys Maree.

Dis ’n viering van drie goeie vriende se twintig jaar saam in die musiekbedryf. ’n Aand van lekker lag en goeie musiek! 

Kunstenaars: Kevin Leo, Mathys Roets, Danie Niehaus en Matthys Maree

Datum: 9 April 2019 om 20:00

Kaartjies: R200

Besprekings: iTickets of 012 942 5951