Steve Hofmeyr sê: “Neil Diamond het die grootste invloed op my as musikant gehad en daaaroor doen ek graag ‘n huldeblyk vertoning. Ek is nie die tipe kunstenaar wat, eksperimenteer, opvoed of van rigting wil verander nie, maar skryf graag pop liedjies waarby mense aanklank vind, en dit is waarin Neil Diamond nog altyd uitgeblink het.”

Dit was vir Hofmeyr groot pret om hierdie vertoning saam te stel want vir baie jare al verdiep hy hom in Neil Diamond se repertoire. Van die Diamond liedjies wat hy so ingesluit het is o.a. die geliefde  Solitary Man’ , ‘Play Me’, ‘Don’t Turn Around’, ‘Cherry Cherry’, ‘If You Know What I Mean’  ‘Crunchy Granola’ en vele meer. ‘n Spesiale aand vir alle Steve en Neil Diamond “ fans”.

Datum: 14 Mei 2019 om 20:00

Kaartjies: R200/220

Besprekings: iTickets of 012 942 5951